Na 'n lang afwesigheid wil ek net my dagboek opdateer.
Die lewe gee almal van ons soms 'n paar opstoppers. Ons moes die afgelope jaar en 'n half cope met ons seun, Erik, se dood. Alhoewel ons nog baie aan hom dink en hom mis, is die verlange al baie beter.
Soms behandel die lewe jou ook goed:Om met twee kinders te cope in die huis is nogal 'n aanpassing, maar ons geniet hulle albei ongelooflik baie op verskillende maniere. Hulle helder jou dag op en jou eie kinders is mos maar vir jou die oulikste. Mia geniet haar baba sussie, Anja, baie en hul speel baie lekker. Sy is mal daaroor om stories te lees vir Anja.
Ek en Heleen is geseen in soveel aspekte van ons lewe: finansieel, ons geniet ons beroepe en kan onself daar uitleef en dit gaan baie goed met ons huwelik om net 'n paar te noem. Dis in die tye wat mens moet besef hoe dankbaar jy moet wees vir alles in jou lewe.
Ek het ook onlangs besef hoe dankbaar ek moet wees dat Heleen nog lewe, nadat twee uit die drie van haar swangerskappe komplikasies moontlikm fataal kon gewees het.
Ek het die afgelope tyd 'n vrou ontmoet wat ondanks die feit dat sy aan 'n ongeneeslike siekte ly,in dankbaar lewe. Dit was vir my 'n geweldige inspirasie, want ek twyfel of ek nog so positief sal kan bly as my lewensomstandighede ewe skielik dramaties moet verander.
As die Here so goed is vir ons, kom die volgende vraag by my op: Wat kan ek vir ander beteken om 'n sinvolle en betekenisvolle verskil te maak in hulle lewe?
Dis 'n vraag waarmee ek en Heleen elke dag aan dink en bespreek en ons het besluit om by gemeenskaps projekte betrokke te raak. Verder voel ons dat die Here mense oor jou pad bring met 'n spesifieke doel. Hoe gaan ons daaroop reageer?
Soms wil mense net gehoor word, soms het hulle iets nodig. Die belangrikste is om op ander mense se behoeftes ingestel te wees. Dit is nie maklik nie, aangesien mens soms vasgevang is in jou eie leefwereld. Dit is juis dan wat jy uit jou comfort zone moet uitbeweeg en doen wat jy weet reg is.
Met die dood van Erik (kyk vorige pos) moes ek en Heleen ook besluit hoe ons daarop gaan reageer. Ons moes iets positief daaruit haal, anders was die pyn als verniet. Mens moet die ervaring gebruik om vir ander iets te beteken. Ons het besluit om sy verjaarsdag elke jaar te vier deur presente vir minder bevoorregte kinders te skenk wat Erik s'n sou gewees het. Ons wil graag vir Mia en Anja betrokke maak in hierdie projek.
Ek was onlangs ook geinspireer deur Mandela dag waar soveel mense uitgereik het om vir 67 minute iets te doen binne die gemeenskap vir die gemeenskap.

4 comments:
Dis altyd lekker om te hoor hoe dit gaan met my gunsteling Groenewald-gesinnetjie. Julle visie om iets te beteken vir die wereld om julle, om iets mooi te maak van jul pyn, is 'commendable' (for lack of better Afrikaans). Mag daar nog baie mooi dinge uit jul lewe voortspruit!
Hi Rikus, jou blog raak my en ek wens ek was meer direk by jou en Heleen betrokke. Sou so graag 'n aandjie wou saam kuier. Ek kan my nie voorstel hoe julle voel nie, maar jy inskrywing gee my wel 'n bietjie insig. Dit inspireer my ook.
Sjoe Rikus . . . Goed om te lees wat in julle lewe gebeur en om julle gedagtes te hoor . . . Vrede!
Barend
greetings ricusgroenewald.blogspot.com blogger discovered your website via Google but it was hard to find and I see you could have more visitors because there are not so many comments yet. I have found website which offer to dramatically increase traffic to your site http://traffic-for-your-website.com they claim they managed to get close to 4000 visitors/day using their services you could also get lot more targeted traffic from search engines as you have now. I used their services and got significantly more visitors to my blog. Hope this helps :) They offer best services to increase website traffic at this website http://traffic-for-your-website.com
To your success James
Post a Comment