Friday, January 8, 2010

Nuwe lewe


Ek het besluit om oor te slaan na Afrikaans, aangesien ek voel ek my beter kan in my moedertaal uitdruk en dat ek die blog skryf meer vir myself as vir ander.

Heleen het sedertdien in 'n diep donker pit verval. Een waaruit sy moeilik uitkom. Een aand het 'n Engel aan haar verskyn. Sy kon dit eers nie glo nie, maar hoe langer sy gekyk het hoe sekerder was sy dat dit wel een was. Die Engel het vlerke gehad maar daar was geen kop nie. Ek glo dat dit 'n Engel van hoop was wat vir ons 'n goeie tyding kom bring. (Klink dit bekend- veral in Kersfees tyd?)

Dit was ook duidelik dat Engele nie sommer aan enige iemand sal verskyn nie en dat daar 'n besondere roeping aan Heleen toevertrou word. Dit is juis die feit dat die Engel aan Heleen verskyn in 'n tyd dat sy dit die nodigste gehad het wat 'n impak op ons gehad het. Die Engel se verskyning is ook bevestig deur my suster (wat besondere spirituele gawes het) wat die Engel kon aanvoel het.

Ek en Heleen het lank gewik en geweeg of ons weer swanger wou wees na die tragiese dood van Erik, ons tweede kind. Nadat ons die moontlikheid bespreek het met die ginokoloog het, het ons wel besluit om weer te probeer. Die besluit was geweldig moeilik, aangesien ons geweet het die baba sal hoe risiko wees.

Sommer vroeg in die swangerskap was ons paranoies! Elke pyn het ons gedink daar is iets fout met die kind, maar al die besoeke tot dusver aan die ginokoloog dui op 'n gesonde baba.

Kersfees 2009 was veral vir Heleen 'n moeilike tyd, aangesien dit die tyd was waar sy haar twee kindes by haar sou gehad het. Ons het weliswaar 'n kers vir Erik gebrand om ons te herhinder aan hom. Ons het ook besluit om dit vir die res van ons lewe te doen tydens Kersfees.

Vir my is daar troos in ons derde swangerskap. Die hoop dat ons wel 'n maaitjie vir Mia kan gee. Alhoewel ons almal gedink het Mia sal op haar jeugdige ouderdom (4 jaar) vinnig sou vergeet het van haar boetie se dood, is dit sy wat ons amper daagliks herhinder dat haar boetie in die hemel is. Sy het egter geen begrip van hoe permanent die dood is nie, aangesien sy wil weet wanneer hy terug kom om met haar te kom speel.

Die swangerskap gaan egter maar moeilik. Ek troos Heleen altyd daaraan dat dit is 9 maande van hel vir 'n leeftyd se plesier. Heleen is steeds baie naar, maar gooi darem nie meer so gereeld soos in die eerste trimester nie. Boonop is sy nog siek met iets wat soos gastritus lyk. Om te werk en swanger te wees sonder 'n gereelde huisbediende is ook geen grap nie. Ek is egter ook bly om te sien dit gaan nou beter met Heleen se gemoed en dat sy uit die donker pit is!



Ek het hierdie week die eerste skop gevoel! Dit bly vir my nog een van die grootste wonderwerke hoe iemand kan lewe binne iemand anders. Dit is amper soos een of ander Alien fliek waar die Aliens uit jou maag uitpeul. Lewe soos ons agter gekom het, is baie broos en God kan enige oomblik besluit hy wil die kind weer terug neem. Ons kinders word net aan ons geleen.

Ek raak elke week meer opgewonde oor die nuwe lewe en hoe die baba ons lewe gaan verander. Ek het na Erik se dood, baie meer simpatie met Heleen se swangerskap as met die twee vorige swangerskappe. Ek is ook seker daarvan dat ek die baba ook meer gaan waardeer as hy/sy eers gebore word. Watch this space!

4 comments:

Anonymous said...

Hi Ricus

Mia is sowaar n ongelooflike kombinasie van jul twee! So pragtig!
Dankie vir die deel van die pad wat jul moet stap. Ons bid vir julle!
Groete
Corlia

Ricus said...

Dankie Corlia. Ons sal 'n ontmoeting tussen Mia en Daniel moet reel. Hy is net so 'n mooi seuntjie!

Julie Hall said...

Hi Ricus

I know Heleen and she helped me through my pregnancy while she was pregnant in 2008. I would like to congratulate you, Mia and Heleen on the pregnancy and will be thinking of you all everyday. I saw Heleen last year and was devastated by your loss. I too had a very emotional loss after my son's birth and while I can't begin to understand your loss I do understand to a certain degree what Heleen must have gone through.

Please give her my love and tell her that I think of her often.

Julie Hall

Ricus said...

Thanks Julie! I will tell Heleen