
Vandag is die een jaar herdenking na Erik se dood. Ek onthou dit nog soos gister.
Heleen het gisteraand 'n koek gebak vir Erik se verjaarsdag tussen die trane deur. Shame, sy het baie moeite gedoen en die koek lyk pragtig.
Al die ou emosies het terug gekom. Heleen was van vooraf kwaad. Sy se dat sy was veronderstel om die koek te bak met 'n stout seuntjie wat al onder haar voete moes gewees het. Heleen het die dag afgevat by die werk en ek neem aan sy het weer kersies laat brand by die huis.
Ons gaan selfs 'n partytjie hou vanaand en van Mia se maaitjies uitnooi om saam koek te eet. Veel geluk liewe maaitjie se woorde is egter nie toepaslik vir Erik se verjaarsdag nie. Ons het vandag heelwat oproepe gekry van vriende en familie wat onthou het dat dit Erik se herdenkingsdag is.
Ek kan nie help om te dink hoe dit sou wees om 'n seuntjie te gehad het nie. Heleen en Mia het so baie ingemeen en Mia is 'n presies ewe beeld van haar Ma, 'n mini me. Hulle praat meisie goed en albei is baie girlie-girlie! Soms voel ek uitgesluit.
Heleen is nou al amper 29 weke swanger. Die vorige scan het aangedui dat Anja se ontwikkeling agter was en dat die plasenta se bloedtoevoer onreelmatig was. Die laaste scan lyk egter beter!
Die geskeduleerde datum vir geboorte is 29 April wat oor bietjie meer is as 'n maand. Anja sal dan 34 weke oud wees. Die vervroegde datum is a.g.v. hoe risiko. Heleen is maar ongemaklik en slaap moeilik in die aande. Die gewone geswelde voete en lyfseer. Dit is steeds 'n stresvolle tyd vir ons totdat ons 'n gesonde kind gaan kry. Tot dan hoop ons vir die beste.
Ons het so maand terug geskrik toe Heleen haar bewussyn verloor het en ek haar hospitaal toe moes neem, maar die kind was oriaat..emosioneel tough, aangesien sy in dieselfde kamer was waar Erik oorlede was en hulle weer gesukkel het om 'n hartklop te vind!! Sy is die volgende dag weer ontslaan.
Ons sal seker later vandag Erik se nissie by die kerk besoek en 'n blommetjie daar neersit.

5 comments:
Ricus en Heleen. Ons dink nog daagliks aan julle en mis die feit dat ons mekaar sien. Elke keer as ek vir Heleen in die gange sien wonder ek hoe dit gaan en gaan daar 'n gebed op vir haar en die nuwe baba.
Dit voel aan die een kant so lank terug en tog ook soos nou die dag. Julle altwee is in ons gebede. Ons vertrou God vir 'n wonderwerk!
Groete Ettienne
Hi Ettiene!
Ek mis ons Bybelstudies geweldig baie. Christi wil Heleen nog vroeer in hospitaal opneem en hy wil duidelik geen kanse waag nie.
Sal julle graag weer wil sien
Groete
Ricus
Please know that I will be thinking of you all. xxx
Hi Ricus, ek was in St. 6 toe jy in Matriek was in Zwaanswyk hoër - jou ma het vir my musiek gegee. Ek het via fb via iemand (nou die roete vergeet) by jou uitgekom. Ek het al jou blog inskrywings gelees en voel regtig hartseer oor die verlies van jul seuntjie. Sterkte met die koms van die nuwe baba! Groete Christa (Oosthuizen)
Ek onthou jou goed Christa! Dankie vir jou mooi wense!
R
Post a Comment